
=====================================================================
Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Gedagtes oor tersire onderrig

'n Komitee om tersire onderrig weg van erkende inrigtings te ondersoek is aangewys op 'n byeenkoms op Oudtshoorn van gaste van 'n 
plaaslike sakeman. Ampie Coetzee doen verslag. WAAROM bestaan die persepsie dat as twee of drie Afrikaners in die naam van die taal of die 
land vergader hulle besig is met konkelary?

Van die gesprek in Oudtshoorn op die 8ste Mei vanjaar oor "'n Afrikaanse universiteit" is daar al aan my ges dat ons 'n "Afrikaanse 
ghetto" wil begin, dat ons nog 'n "Volkstaat" wil skep, dat ons gesprek oor die ontwikkeling van 'n ander Afrikataal naas Afrikaans by so 
'n inrigting "hoogs patroniserend" is, en dat ons Afrikaans gaan marginaliseer deur die sentrum daarvan na die platteland te verskuif. Die 
Afrikaner se gedurige strewe na "apart-wees", na 'n soort "eksklusiwiteit" is 'n etniese hebbelikheid -- en as "hy" weer begin praat oor 'n 
"aparte" iets -- veral rondom taal -- dan kan niemand "hom" meer ernstig opneem nie.

En as 'n klompie grys Marxiste, anargiste, skrywers en 'n linkervleuel van kritiese Afrikaanssprekende nie-Afrikaners (die historiese 
Ander) bymekaarkom op uitnodiging van 'n "Groot Weldoener" om oor Afrikaans te praat -- dan is dit om van te lag!

Intussen is daar daagliks briewe in Die Burger -- en Forum-artikels -- oor die posisie van Afrikaans as onderrigtaal op universiteit.

Dit gaan natuurlik nie net oor Afrikaans nie; maar oor die vele tale van Suid-Afrika, oor veeltaligheid. En daardie diskoers het begin met 
die bepalings van die Grondwet: dat alle tale gelyke beregtiging moet kry, en dat di tale wat in die verlede weens hulle nie-amptelike 
status aan die kortste ent van ontwikkeling gestaan het, ook nou ontwikkel moet word. Die vorige tweetaligheid -- van Afrikaans en Engels -- 
het nou geword meertaligheid; en Afrikaans, wat voorheen 'n magsposisie gehad het, is nou een van elf. Daarteenoor behou Engels, as een van 
die magstale van die wreld, dieselfde status en is nou boonop die taal van die regering.

Daar is geen ander Afrikataal behalwe Afrikaans en Arabies wat op die huidige oomblik dien vir tersire onderrig nie. Afrikatale moet nog 
ontwikkel word tot akademiese tale, en hier is Afrikaans en Engels die enigste akademiese tale. Ander Afrikataal-sprekendes moet dus kies 
tussen Afrikaans en Engels. Die onderrigtaal op al die histories swart universiteite is Engels. Die histories Afrikaanstalige universiteite 
is almal "tweetalig" -- in die ou-taal. Afrikataal-sprekers sal in die toekoms al hoe meer Engels verkies. Die waarneembare groei van die 
Afrikaanstalige universiteite in vergelyking met die Engelstaliges hou spesifiek verband met die feit dat Xhosa-Zoeloe-Sotho-en-ander al 
hoe meer by daardie universiteite inskryf; en aangemoedig word om in te skryf, omdat 'n universiteit se subsidie bepaal word deur sy aantal 
studente. Dit beteken dan dat hierdie voorheen Afrikaanse universiteite al hoe meer sal verengels. En as hulle sterk standpunt inneem, word 
hulle daarvan beskuldig dat hulle nie transformeer nie.

Die departemente Afrikaans by al die Engelstalige universiteite word kleiner, en kan mettertyd ophou bestaan. Uiteindelik -- met die afname 
in Afrikaanssprekende studente by Afrikaanse universiteite -- sal dit daar ook gebeur. Hierdie departemente het meestal op progressiewe 
wyse literre tekste in Afrikaans vir studente oopgemaak. Daardie groeipunt sal dus kwyn -- saam met die belangstelling in die lettere soos 
dit tans by alle universiteite aan't gebeur is.

Dit kan nog erger word. Wat van die meerderheid voornemende universiteitstudente wat hulle sekondre onderwys in hul moedertaal -- een van 
die tien Afrikatale van hierdie land -- gehad het? Hoe kan hulle in hulle spesifieke moedertale ook tersire onderrig kry? In Afrikaans is 
dit nog moontlik, want di taal het die akademiese infrastruktuur; maar dit bestaan nog nie in Xhosa, Zoeloe, Sotho ens. nie. Totdat 
infrastrukture vir daardie tale ontwikkel word. As Engels egter die enigste tersire taal word, sal geen Afrikataal daardie funksie hoef te 
vervul nie. Dis miskien 'n oplossing; dat alles eenders, Engels word. Maar taal is meer as net 'n kommunikasiemiddel. Taal is denke, 
kultuur, geloof; en as jy grootgeword het in 'n taal dink jy beter in daardie taal.

Ons sal dus kreatief oor hierdie saak moet dink. Wat van 'n universiteit -- of aanvanklik 'n kollege of akademie -- wat Afrikaanstalig 
gekonsipieer word, met as doel ook die onmiddellike ontwikkeling van 'n ander groot Afrikataal tot akademiese taal? Dit begin dadelik op 
ho peil, met 'n span Afrikataal-kenners -- die beste in die land -- wat heeltyds daaraan werk en daarin begin klas gee.

Hierdie gedagtes was deel van die visie van David Piedt, gemeenskapsleier,   en Nic Barrow, sakeman, van Oudtshoorn.   Dat so 'n inrigting 
daar begin. Daar is 'n infrastruktuur, en die taaldemografie van die bevolking is hoofsaaklik Afrikaans en Xhosa. Die marginalisering van 
die platteland kan in hierdie deel van ons land dan ook omgekeer word tot bemagtiging. Oudtshoorn is verder jaarliks die sentrum van 'n 
suksesvolle kunstefees. Daar bestaan dus reeds rigtings wat akademies kan uitbrei: kuns, letterkunde, drama. Dan kan daarby kom: radio, 
televisie, film, joernalistiek.

Dis opwindend om anders te kan dink aan die ontstaan van 'n kollege/akademie, n binne die raamwerk van die nuwe veranderings in die 
onderwys. Soos die moontlikheid van korter diplomakursusse in sowel akademiese as tegniese vakke. Daar hoef dus nie heeltyd in terme van 
grade gedink te word nie. S nou maar jy wil graag iets oor die filosofie of the teologie leer, dan sou jy enige tyd kon aansluit by 
modules daarvan binne die "formele" strukture. Allerlei moontlikhede kom by mens op. Daar is soveel wat geleer kan word, informeel as eie 
kennis-skepping, of formeel met die oog op 'n loopbaan: ekonomie, handel, landbou, inligtingtegnologie, kreatief skryf (die Kaap sit vol 
skrywers wat kan bydra), joernalistiek. Kreatief skryf en analise van letterkundige tekste hang saam, byvoorbeeld met opleiding in kritiese 
denke. Die agteruitgang van lettere-fakulteite by universiteite gaan uiteindelik lei tot die verlies van teksvaardigheid: om te kan lees en 
om te kan analiseer. Die afwesigheid van die aanmoediging van kreatiewe denke sal lei tot 'n vermindering van die vermo tot konseptuele 
denke.

Buiten die beplanning van modules en kursusse volgens behoefte, sal daar nou die geleentheid wees om kreatief te beplan oor die wyse van 
onderrig: soos byvoorbeeld meer deelnemend as die eenrigting-voorlegging van voorafverpakte kennis. Dialekties, eerder as didakties; soos 
die Grieke dit gedoen het, maar nou met postmoderne toepassings.

Die behoud van 'n taal as tersire onderrigmedium, saam met die ontwikkeling van 'n ander taal tot daardie vlak; die feit dat hierdie 
noodsaaklikhede kan saamgaan met nuwe gedagtes oor onderwys, met 'n ander soort tersire inrigting, van nuuts af bedink -- dit behoort 
enige onderwyspersoon, enige filosoof, opgewonde te maak. Op di manier sal die glimlaggende, siniese agterdogtiges wat dink dat 'n groepie 
"Afrikaners" weer 'n volkstaat beplan, (miskien) gerusgestel word.

Daar is ernstige behoeftes -- wat niks met politieke mobilisering te doen het nie: moedertaalonderrig op tersire vlak, en -- om die clich 
ernstig te gebruik -- die transformasie van die onderwys. Di twee saam, en nie weer taalnasionalisme as etniese mobiliseringsmiddel nie, 
sal wat op die oomblik 'n ideaal is, werkliklikheid kan laat word. Prof. Ampie Coetzee   is verbonde aan die Departement Afrikaans en 
Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Mpumalanga Blues

Al die eksamens
Is nou klaar, joegaaidie
joegaaida!
Almal het gepaas
sowaar,
joegoeidie aaida!
Nou hoor ons, ons is gefop.
Ons het almal sleg gedop.
Een en almal is gebl
en kyk net hoe die trane rol.
Dit was blink en so ornaat
daai nikswerdblerrie sert'fikaat
 -- Vers: Philip de Vos
Tekening: Cora Coetzee

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av629.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

